Sophokles

Sophokles
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Borsbeeld van Sophokles

Geboorte 497/496 v.C.
Kolonos, Attika
Sterfte 406/405 v.C. (op 90)
Athene
Nasionaliteit Grieks
Beroep Tragediedigter
Genre Tragedie
Bekend vir Oidipus die Koning
Oidipus by Kolonus
Antigone
Philoctetes Ichneutae

Sophokles ook Sofokles (Grieks: Σοφοκλῆς, Sophoklēs, so.pʰo.klɛ̂ːs; 497/6 – winter 406/5 v.C.)[1]:41 is een van drie klassieke Griekse tragici wie se toneelstukke behoue gebly het. Sy eerste toneelstukke is geskryf ná die van Aischulos en vroeër of in dieselfde tydperk as Euripides se toneelstukke. Volgens die Suda , ’n tiende-eeuse ensiklopedie, het Sophokles 123 toneelstukke in sy leeftyd neergepen. Net sewe van die toneelstukke het egter in hul geheel behoue gebly: Ajaks, Antigone, Die vroue van Trachis, Koning Oidipus, Elektra, Philoktetes en Oidipus by Kolonos.[2] Vir nagenoeg 50 jaar was Sophokles die mees gevierde dramaturg by toneelkompetisies tydens die Atheense stadstaat se godsdiensfeeste – die Lenaia en Dionysia. Hy neem deel aan ongeveer 30 kompetisies, wen 24 daarvan, en word nooit laer beoordeel as tweede plek nie. Aeschylus wen 14 kompetisies en is in ’n paar gevalle deur Sophokles getroef, terwyl Euripides slegs 4 kompetisies kon wen.[3] Sophokles se bekendste tragedies sluit in Oidipus en Antigone: hulle staan algemeen bekend as die Thebaanse toneelstukke, hoewel elkeen onderskeidelik deel vorm van ’n tetralogie waarvan die ander dramas verlore is. Hy het ’n groot invloed gehad op die ontwikkeling van drama, vernaam deur die insluiting van ’n derde akteur. Hierdeur word die koor se rol in die voorstelling van die plot verklein. Hy ontwikkel ook sy karakters tot ’n groter mate as vorige dramaturge soos Aischulos.[4]:247

  1. Sommerstein, Alan Herbert (2002), Greek Drama and Dramatists, Routledge, ISBN 0-415-26027-2 
  2. Finkel et al, ed., Suda, Suda On Line and the Stoa Consortium, archived from the original on 24 September 2015, https://web.archive.org/web/20150924125308/http://www.stoa.org/sol-bin/search.pl?searchstr=sigma+815, besoek op 19 Mei 2015 
  3. "Macropaedia Knowledge In Depth.", The New Encyclopaedia Britannica, 20., Chicago: Encyclopaedia Britannica, Inc., 2005, p. 344-346 
  4. Freeman, Charles (1999), The Greek Achievement: The Foundation of the Western World, New York: Viking Press, ISBN 0-670-88515-0 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search